Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Kate praat oor ma-wees – en bewys sy’s ook mens

$
0
0

Dis maklik om te dink Catherine, hertogin van Cambridge, is verhewe bo gewone mens-wees.

Met twee jong kinders en die hele wêreld se aandag op haar lyk sy altyd goed en slaag sy daarin om koninklik op te tree. Tog wys sy by tye vir almal sy’s ook net mens, en dit maak dat ons sommer nóg meer van haar hou.

En gister het sy gepraat oor moederskap – die lekker én die moeilik daarvan. Kate is ma van prins George (3) en prinses Charlotte (1).

Hoewel sy ma-wees verskriklik geniet, noem sy dit ook ’n “groot uitdaging”. Sy het dit veral moeilik gevind om van ’n onafhanklike persoon in ’n versorger te verander.

“Selfs vir my, wat ondersteuning by die huis het wat die meeste ma’s nie het nie. Niks berei jou voor vir die oorweldigende ervaring van wat dit beteken om ’n ma te wees nie. Dis vol komplekse emosies van vreugde, uitputting, liefde en kommer alles saam. Jou fundamentele identiteit verander oornag.”

Kate het ook gepraat oor nageboorte-depressie. “Om voor te gee dat ons alles perfek kan hanteer en dol is oor elke minuut van moederskap. Dit is reg om oor moederskap te praat as ’n wonderlike ding, maar ons moet ook praat oor die stres en die spanning wat daarmee saamgaan. Dis okei om dít nie maklik te vind nie. Om vir hulp te vra is nie ’n teken van swakheid nie.”

“Ons kinders het nodig dat ons na onsself kyk en die ondersteuning kry wat ons nodig het.”

Luister na haar praatjie hier:

Bykomende bron: New York Magazine

Hoe weet jy dat jy aan nageboorte-depressie ly?

As jy ’n hele paar van die volgende simptome ná die geboorte van jou baba het, is dit raadsaam om jou ginekoloog en/of psigiater te raadpleeg. Dit is bloot riglyne.

Jy voel onder meer:

– Afgestomp en verwyder van jou baba.
– Langer as sowat tien dae huilerig, hartseer en “af”.
– Sonder ’n gevoel van eiewaarde.
– Asosiaal en nie lus om mense te sien nie.
– Obsessief oor hoeveel slaap jy verloor.
– Vergeetagtig en verloor dinge.
– Lus vir niks en kan niks geniet nie.
– Skuldig oor jou gevoelens as ma – jy het gedink jy sou heeltemal anders voel.
– Nie lus om jouself te versorg nie.
– Nooit meer lus vir lag nie.
– Gedurig bekommerd iets is fout met die baba, selfs al verseker almal jou alles is oukei.
– Asof jy alle begrip van tyd verloor het.
– Jy wil die baba en jouself beseer.
– Jy het geen belangstelling in die wêreld om jou nie en jou energievlakke is altyd laag.

Bronne: Post Natal Depression Support Association, NHS Choices

Lees nou

Chrissy Teigen praat oor postnatale depressie

Hulp vir postnatale depressie

Nageboorte-depressie: Henré Pretorius se Nadine ‘lééf weer

The post Kate praat oor ma-wees – en bewys sy’s ook mens appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


Wat staan 'n vrou te doen?


Slimmer maniere om jou hoofpyn te klop


10 wenke vir ’n welige tuin


Die beste tyd van my lewe


Fresh off the press: Behind prison walls by Edwin Cameron, Rebecca Gore and...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee