Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Steeds verlief, sê boer Hennie & Jacobu

$
0
0

Met 556 km tussen hulle, hy op Willowmore, sy op Somerset-Wes, raak dit vir boer Hennie en Jacobu al hoe moeiliker om mekaar op ’n Sondagmiddag te groet. 

“Dis seker ’n goeie teken. Dit gaan baie goed met ons,” het die verliefde boer van Boer soek ʼn vrou-faam aan SARIE.com gesê.

Kommunikasie is die belangrikste ding wat die twee die afgelope paar maande geleer het.

“As julle nie bymekaar is nie, is dit ál manier om met mekaar oor ’n foon te ‘vry’,” skerts Hennie.

Die paartjie moes ook leer om ’n goeie balans te handhaaf.

“Ons sien mekaar vir so ’n kort rukkie, so jy wil klomp aktiwiteite oor die naweek doen en die beste daarvan maak. Maar dis belangrik om ook ’n bietjie rustig te raak en met mekaar te gesels – oor die ernstige dinge te praat.”

boer Hennie en jacobu

FOTO Verskaf

Gelukkig, meen boer Hennie, het hulle al van dag een vertroue en respek vir mekaar.

“Dit het die lang afstand beter gemaak.”

En hy bederf Jacobu elke kans wat hy kry, hoewel hy nie Valentynsdag of haar verjaardag saam met haar kon deurbring nie.

“Ek kry toe vir haar twee kuikens, Kekkel en Kraai, as presente. Ek dink nie ek kon ’n beter present gekry het nie – al was dit so twee weke laat. Hulle steel ’n bietjie my aandag, hoor! Toe ons Jongensfontein toe is, was sy meer gepla oor Kekkel en Kraai as oor my,” lag Hennie.

So hoe lyk ’n naweek vir die oulike paartjie?

“Ons naweke is gewoonlik baie besig. Ons is nou in ’n tyd waar ons vriende trou, so ons dans graag op ’n Saterdagaand en dan verken ons sommer die dorp en maak ’n naweek van dit.”

Boer Hennie, sy hond, Trompie, Jacobu en haar twee kuikens, Kekkel en Kraai.  FOTO Verskaf

Boer Hennie, sy hond, Trompie, Jacobu en haar twee kuikens, Kekkel en Kraai.
FOTO Verskaf

“Maar ek moet bieg dis vir my lekker as ons vir ’n slag ’n rustige naweek kan inwerk. Die laaste een was by Jongensfontein. Toe was dit net ek, my hond, Trompie, en sy met haar twee kaalnekkuikens.”

Boer Hennie het spesiaal nog foto’s met ons gedeel. Kyk net hier:

FOTO VERSKAF

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Boer hennie en jacobu 3

FOTO Verskaf

Lees nou

Hiep hiep hoera! Nataniël vier 30 jaar

5 goed oor die nuwe Mej. SA

Totsiens, strykyster! Hier’s 4 kreukelvry-geheime

The post Steeds verlief, sê boer Hennie & Jacobu appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294