Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Zetske van Pletzen kry haar graad

$
0
0

Aktrise, sakevrou en ma … Zetske van Pletzen is omtrent bedrywig! En nou het sy ook graad gevang. 

Zetske het pas haar BA-graad aan Unisa behaal en dit boonop gecum. Haar hoofvakke was Frans en sielkunde.

Sy is nie al bekende met ’n graad in ’n ander rigting as waarin hulle bekendheid verwerf het nie. Die Hollywood-aktrise Ashley Judd het verlede jaar op sosiale media aangekondig dat sy haar PhD aan die Universiteit van Kalifornië gaan voltooi. Dít in openbare beleid! Ashley het in 2007 haar B-graad in Frans aan die Universiteit van Kentucky voltooi. En in 2009 het sy haar meestersgraad in openbare administrasie by Harvard behaal.

Mayim Bialik, The Big Bang Theory

Sy speel die slim wetenskaplike dr. Amy Farrah Fowler in die Amerikaanse sitkom The Big Bang Theory. Maar in 2007 het Mayim self ’n doktorsgraad in neurowetenskap behaal.

Shaquille O’Neal, basketbalspeler

Ná 19 seisoene op die basketbalbaan het Shaquille in 2011 uitgetree. ’n Jaar later het hy ’n PhD in leierskap en opvoedkunde aan die Barry-universiteit in Miami Shores, Florida, voltooi.

Brian May, Queen se hoofkitaarspeler

Glo dit of nie, maar Brian het ’n PhD in astrofisika aan die Imperial College in Londen behaal!

 

Lees nou

Die grimeertruuk agter Blake Lively se jeugdige gelaat

Desiré Gardner sny haar hare in ’n pixie!

Het jy al geskeer met grondboontjiebotter?

The post Zetske van Pletzen kry haar graad appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Die oplossing vir yl hare is hier


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Man vas vir moord op Moot-egpaar


Die beste tyd van my lewe


LêNet: Onbeplande oornag


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek