Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Dirty Dancing kom weer – en kyk wie speel hulle!

$
0
0

Ons het verlede week oor Pretty Woman se 27ste herdenking geskryf. Vanjaar vier nóg een van die wêreld se geliefdste rolprente ’n mylpaal: Dis 30 jaar sedert die dansfliek Dirty Dancing gehore betower het. Nou het die Amerikaanse TV-netwerk ABC ’n TV-weergawe van die ikoniese fliek vervaardig wat op 25 Mei uitgesaai gaan word.

Die Oscar-benoemde aktrise Abigail Breslin van Little Miss Sunshine-faam speel Frances (Baby) Houseman, ’n jong meisie wat tydens ’n gesinsvakansie in ’n oord op ’n danser verlief raak. Jennifer Grey het die rol in die oorspronklike fliek gespeel.

Die oorspronklike Baby (Jennifer Grey)

Die nuwe Baby (Abigail Breslin)

Die rol van die sexy danser Johnny Castle het destyds ’n superster gemaak van die toe nog onbekende akteur Patrick Swayze. Dié keer is die nuweling Colt Prattes in die rol. Debra Messing (jy sal haar onthou as Grace in die TV-komediereeks Will & Grace) speel Baby se ma, Marjorie. En haar suster word deur die Modern Family-ster Sarah Hyland vertolk.

Die oorspronklike Johnny (Patrick Swayze)

Die nuwe Johnny (Colt Prattes)

 

Kyk die nuwe foto’s:

First look at Lisa Houseman! Many more pictures to come to celebrate #dirtydancing ! Airing on ABC May 24th!

A post shared by Sarah Hyland (@therealsarahhyland) on

Marjorie Houseman, 1963 The Catskills #DirtyDancing #May24

A post shared by Debra Messing (@therealdebramessing) on

RP from @colt.prattes first shot from #DirtyDancing

A post shared by Dirty Dancing (@dirtydancingtvevent) on

 

Hier is ’n paar interessante feite oor Dirty Dancing:

1. Ondanks die klein begroting en onbekende rolverdeling was Dirty Dancing ’n reuse-lokettreffer in 1987.

2. Dit was die eerste rolprent waarvan meer as een miljoen video-kopieë verkoop is.

3. Die liedjie “(I’ve Had) The Time of My Life” deur Bill Medley en Jennifer Warnes het multiplatinum-status bereik. Dit het ook ’n Golden Globe- en Oscar-toekenning as beste liedjie ontvang.

4. Jennifer Grey se loopbaan is ongelukkig ’n knou weg toe sy kort ná die sukses van Dirty Dancing ’n rinoplastiek-operasie (kosmetiese neusoperasie) ondergaan het. Die operasie het haar gesig so onherkenbaar gemaak dat sy nooit weer agterna groot sukses as aktrise behaal het nie. Ná die operasie het sy gesê: “I went into the operating room a celebrity and came out anonymous.” Sy het in 2010 Dancing With The Stars, die Amerikaanse weergawe van Strictly Come Dancing, gewen.

5. Patrick Swayze was ’n opgeleide professionele danser. Ná Dirty Dancing het hy in ’n hele paar trefferrolprente gespeel, waaronder Road House en Piont Break. Sy rol in Ghost teenoor Demi Moore word gereken as die hoogtepunt van sy loopbaan. Hy is in 2009 op 57 oorlede, 20 maande nadat hy met pankreaskanker gediagnoseer is.

Onthou jy die bekende “Hungry Eyes”-toneel? Kyk dit hier:

Lees nou

Kate Hudson: Só lyk my vel op sy beste

Bradley Cooper eerste keer pa

Janet Jackson gaan skei

The post Dirty Dancing kom weer – en kyk wie speel hulle! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294