Die geboorte van haar eersteling gee Camilla Luddington ’n totaal nuwe begrip van wat dit is om lief te hê.
Die Grey’s Anatomy-ster het Woensdag op haar Instagram-blad aangekondig dat haar en haar akteur-kêrel, Matthew Alan, se dogtertjie gebore is. Klein Hayden, soos hulle haar gaan noem, is glo sterk en gesond en Camilla beskryf haar reeds as “die groot nuwe liefde” in hul lewe.
Camilla het dié video gedeel om die nuus te deel … ons dink die klein nuwe gesin is te kostelik!
Kort ná die groot aankondiging het Camilla ’n foto gedeel van ’n fyn, goue armband met die letter “H” daaraan. Duidelik het Hayden reeds diep in hul albei se harte gekruip.
Die paartjie het verlede Oktober die nuus van Camilla se swangerskap bekend gemaak. Gelukkig vir haar het sy met die eerste probeerslag swanger geraak.
Ons sien uit na nog baie foto’s van Hayden!
The post Pienkvoet vir Grey’s Anatomy-ster appeared first on SARIE.