Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Dís wat Prinses Charlotte by Pippa Middleton se troue gaan doen

$
0
0

Die jongste lid van die koninklike familie, Prinses Charlotte, kry ’n spesiale rol by haar tannie se troue. 

Op 20 Mei gaan Kate Middleton se suster, Pippa Middleton, met verloofde James Matthews trou. Die koninklike familie het onlangs hulle takies vir die groot dag gekry, berig InStyle.

Ongelukkig mag Kate volgens ’n eeue-oue Britse tradisie nié ’n bruidsmeisie by haar suster se troue wees nie. Daar is egter geen voorskrifte oor haar dogter, klein Prinses Charlotte, se rol by die troue nie!

Dié eenjarige is amptelik op die lys as een van Pippa se bruidsmeisies. Dis reg, nié ’n blommemeisie nie, maar ’n bruidsmeisie.

Dit is glo algemeen in die Britse koninklike tradisie dat die bruidsmeisies by troues kinders is. Deels die rede hiervoor is dat bruidsmeisies eerstens jonger as die bruid moet wees, en tweedens nie getroud mag wees nie. Dit is dan waarom Kate ongelukkig nie voor haar suster in die paadjie mag afstap op haar groot dag nie.

Prins George gaan natuurlik ook die kollig geniet by die troue. Hy is aangewys as die hofknapie. Ons kan ons net indink hoeveel aandag dié twee van die troupaartjie gaan steel!

 

The post Dís wat Prinses Charlotte by Pippa Middleton se troue gaan doen appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294