Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Sê net ja – die rolle is geruil!

$
0
0

Nee, dis nie skrikkeljaar nie. Stephanie Jansen van Vuuren het sommer net besluit om haar kêrel, Brandon Canning, die ja-woord te vra. Jy lees reg in vanaand se episode van die Via-reeks Sê net ja is die rolle omgeruil.

Gelukkig is Irusha Kroon en Anelma le Roux van die Wellingtonse dekormaatskappy Goeters daar om Stephanie te help om die dag te beplan.

In Sê net ja, die eerste van sy soort in Suid-Afrika, span ’n span skeppende kenners week ná week saam om ’n voornemende bruidegom, of nou ook bruid, te help om die groot vraag so onvergeetlik as moontlik te vra. En hopelik ’n ja uit sy geliefde te kry!

Stephanie beplan om saam met haar seuntjie, Luan die, ja-woord vra. Daar is 100 ballonne, baie kinders en een ongewillige Ninja Turtle wat deel is van die verrassing. Maar gaan Stephanie se moed haar verlaat voor die groot oomblik? Of gaan Brandon hom dalk doodskrik wanneer sy hom verras met ’n ring?

Lees nou

Herman se okkasie-inspirasie begin Maandag!

Eenvoudige Pase vir Suidooster se Bianca

Agter die skerms: Kokkedoortjie-stel word gebou!

The post Sê net ja – die rolle is geruil! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294