Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

VIDEO: Kevin Spacey kan sing óók!

$
0
0

Een oomblik is dit ’n Billy Joel-konsert en die volgende oomblik is Kevin Spacey saam met hom op die verhoog om te sing. En kyk net hoe jonk is die skare!

Die naweek het die legendariese sanger weer eens ’n konsert in ’n stampvol Madison Square Garden in New York gehou. En hoewel dit reeds ’n belewenis is om hom te sien, is die skare verder bederf toe Billy sy goeie vriend Kevin na die verhoog nooi.

Rolling Stone berig Billy het oudergewoonte sy goue treffer “New York State of Mind” begin sing. Net voor die tweede vers het Kevin sonder fanfare van agter af op die verhoog verskyn en die res van die liedjie saam met Billy gesing.

Die skare het dit omtrént geniet, en dit val ons op hoe jonk baie van die mense is. Kyk ’n bietjie wanneer die video begin. Dis lekker om te sien dat soveel jongmense opgewonde raak oor dié legende se musiek.

Hoewel ons nou die eerste keer besef Kevin kan sing óók, weet Billy klaarblyklik lankal van sy musiektalent. Die twee het al voorheen saam opgetree. In 2014 het Kevin sy bekfluitjie uitgepluk om saam met Billy “Piano Man” op te voer.

 

The post VIDEO: Kevin Spacey kan sing óók! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294