Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Will & Grace kom terug: Kyk hoe lyk hulle nou

$
0
0

Aanhangers is in rep en roer, want die TV-komediereeks Will & Grace kom terug!

Die Amerikaanse TV-netwerk NBC het bevestig Will Truman (Eric McCormack) en sy beste vriendin Grace Adler (Debra Messing) gaan saam met hul ander twee vriende Karen Walker (Megan Mullaly) en Jack McFarland (Sean Hayes) in 10 nuwe episodes van die reeks te sien wees. Die reeks sal of nog hierdie jaar of vroeg volgende jaar uitgesaai word.

Will & Grace het kykers van 1998 tot 2006 vir agt seisoene lank vermaak en was toe een van die gewildste reekse op TV.

Dit het 83 benoemings vir die Emmy-toekennings ontvang en is een van net drie sitkoms waar al die hoofspelers ’n Emmy-toekenning gewen het. Die ander twee sitkoms is The Golden Girls en All in The Family.

In ’n spesiale Will & Grace-reünie-episode van net tien minute wat in September verlede jaar uitgesaai is, het die karakters kommentaar gelewer op die Amerikaanse presidensiële verkiesing. Die episode was ’n groot sukses en is meer as 7 miljoen keer op YouTube gekyk. Nou kan ons nie wag vir die nuwe seisoen niel Ons hoop dit word ook in SA uitgesaai!

Kyk net hoe lyk hulle nou

Will Truman (Eric McCormack)

Toe

Nou

Grace Adler (Debra Messing)

Toe

Nou

Karen Walker (Megan Mullaly)

Toe

Nou

Jack McFarland (Sean Hayes)

Toe

Nou

Lees nou

Pretty Woman: Kyk hoe lyk hulle nou!

Dirty Dancing kom weer – en kyk wie speel hulle!

Prins Harry maak sy hart oop oor sy verlies

The post Will & Grace kom terug: Kyk hoe lyk hulle nou appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294