Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Ghoemas: Hier is al die wenners

$
0
0

Die Ghoemas is gisteraand by ’n glansgeleentheid in die Emperors Palace in Johannesburg oorhandig en ons het die volledige lys van wenners. Het jou gunsteling- Afrikaanse musikant ’n toekenning gekry?

Elke jaar word die bestes in die Afrikaanse musiekbedryf by die Ghoema-toekennings vereer. Die Ghoemas, vanjaar in sy sesde jaar, is die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek.

Vanjaar was net so indrukwekkend soos in die verlede met kunstenaars soos Franja du Plessis (Juanita du Plessis se dogter), Adam, Charlize Berg en Laurika Rauch wat met die goue trofees huis toe is, berig Huisgenoot.

Een kunstenaar het egter uitgestaan: die 20-jarige Refentse Morake, wat ’n uitmuntende vier trofees gekry het – onder meer vir beste album van die jaar.

Die ontslape Taliep Petersen het ’n eretoekenning ontvang. Sy dogter Jawaahier was daar om dit te ontvang. Hier is volledige lys van wenners:

Beste album van die jaar: Refentse, My hart bly in ’n taal.

Manlike kunstenaar van die jaar: Refentse.

Vroulike kunstenaar van die jaar: Franja du Plessis. 

Groep van die jaar: Adam.  

Beste nuweling van die jaar: Franja du Plessis, My verhaal.

Beste digitale album van die jaar: Refentse, My hart bly in ’n taal.

Beste digitale liedjie van die jaar: Snotkop, “Cool soos Koos Kombuis”.

Beste luitoon van die jaar: Laurika Rauch en Loki Rothman, “Blou”.

Gewildste liedjie van die jaar: Snotkop, “Cool soos Koos Kombuis”.

Beste liedjie van die jaar: Joshua na die reën, “Die wêreld binne my”. Geskryf deur Jacques de Villiers.

Beste Afrikaanse hip-hop-liedjie van die jaar: Early B, “Bene lam”. Geskryf deur Earl-Henri Swartz.

Beste pop-album deur ’n manlike kunstenaar: Kurt Darren, Sal jy met my dans?

Beste pop-album deur ’n vroulike kunstenaar: Charlize Berg, As jy weet dis liefde.

Beste kontemporêre album deur ’n manlike kunstenaar: Joshua na die reën, Die wêreld binne my.

Beste kontemporêre album deur ’n vroulike kunstenaar: Laurika Rauch, Die reis.

Beste album deur ’n duo of groep: Adam, Hoogtevrees.

Beste geestelike album: Duis:lig, Dans.

Beste kinder-album of -DVD: Jonkman & Baartman, Jonkman & Baartman sing nuwe lawwe liedjies.

Beste alternatiewe album: Arno Cartsens, Die aandblom 13.

Beste instrumentele album: Sean Butler, Woord’loos reeks: Liefde.

Beste ligte klassieke Afrikaanse album: Con Grazia, Kosmos.

Beste country-album: Jennifer Zamudio, Ongelooflik.

Beste musiekvideo: Jay en Lianie, “Vir liefde”. Regie deur Gerhard van Rooyen.

Beste liedjieskrywer: Johan Vorster.

Beste vervaardiger: Coenie de Villiers en Jaconell Mouton.

Ere-toekenning vir beste verkoper: Refentse, My hart bly in ’n taal.

Publiek se gunsteling- manlike kunstenaar: Juan Boucher.

Publiek se gunsteling- vroulike kunstenaar: Jennifer Zamudio.

Publiek se gunsteling-duo of -groep: Twee.

The post Ghoemas: Hier is al die wenners appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294