Boer Soek ‘n Vrou, die gewilde kykNET-reeks, se 9de seisoen het gesorg vir onverwagse liefde tussen boer Hennie van Willowmore en Jacobu Muller, die oulike onderwyser van Somerset-Wes, geblom. Nou is dit tyd vir tien nuwe boere om vir liefde te soek, met die hulp van aanbieder Minki van der Westhuizen – natuurlik!
Diegene wat die boere beter wil leer ken en wil inskryf, kan kykNET se webtuiste by www.kyknet.tv besoek. En, as daar ’n boer is wat iemand se oog vang, moet hulle voor middernag op 26 Mei inskryf.
Hier’s die boere:
JOHAN
OUDERDOM: 60
BOERDERY: Beesboerdery
AREA: Carolina, Mpumalanga
ADRIAAN
OUDERDOM: 27
BOERDERY: Gemeng
AREA: Riversdal, Wes-Kaap
EBEN
OUDERDOM: 29
BOERDERY: Wildsboerdery
AREA: Dwaalboom, Limpopo
RUAN
OUDERDOM: 27
BOERDERY: Gemeng
AREA: Jan Kempdorp, Noord-Kaap
HELEEN
OUDERDOM: 53
BOERDERY: Wild en Bees
AREA: Pienaarsrivier, Limpopo
STEPHEN
OUDERDOM: 24
BOERDERY: Wild
AREA: Steytlerville, Oos-Kaap
JACQUES
OUDERDOM: 27
BOERDERY: Skaap, Vervoerbesigheid
AREA: Loeriesfontein, Noord-Kaap
BRAAM
OUDERDOM: 32
BOERDERY: Groente
AREA: Oos-Londen, Oos-Kaap
STOFFEL
OUDERDOM: 30
BOERDERY: Gemeng
AREA: Rooiwal, Koppies, Vrystaat
CARL
OUDERDOM: 31
BOERDERY: Skaap En Bees
AREA: Carnarvon, Noord-Kaap
Die tiende reeks gaan ook drie episodes bykry wat ’n terugblik gaan gee oor die vorige nege seisoene en waar van die deelnemers hulself vandag bevind.
The post Hier’s die 10 boere appeared first on SARIE.