Blou Maandag? Toemaar, hierdie nuus gaan jou hart laat swel van trots. Drie Suid-Afrikaners het die afgelope naweek geskitter in die buiteland.
1. Trevor Noah, grapjas
Die aanbieder van die Amerikaanse satiriese geselsprogram The Daily Show is gister by die MTV Awards in Los Angeles as beste aanbieder aangewys. Hy het die toekenning aan sy ma opgedra. “Ek probeer om elke dag soos my ma te wees,” het hy gesê.
Kyk sy toespraak hier:
2. Rassie Erasmus, rugby-afrigter
Die oud-Springbok en deesdae die Ierse provinsie Munster se hoof van rugby, is in Dublin as die Pro12-rugbyreeks se afrigter van die jaar aangewys, berig Netwerk24.
3. Pretty Yende, opera-sanger
Ons eie opera-sensasie het die trofee vir die solo-uitvoering van die jaar ontvang by vanjaar se Internasionale Opera-toekennings in Londen.
And the #OperaAwards2017 Solo Recital of the Year is @PrettyYende‘s “A Journey”, released by @sony_classical. pic.twitter.com/7ekZaVaTv5
— The Opera Awards (@TheOperaAwards) May 7, 2017
The post Drie hou SA se naam hoog oorsee appeared first on SARIE.