Onthou jy vir Jessica Simpson? Sy het vandeesweek op Ellen DeGeneres se geselsprogram verskyn om haar klerereeks te bemark en Ellen het gesukkel om haar irritasie weg te steek!
Jessica het telkens getalle vergeet en soms vreemde dinge gesê. Aan die einde van die video kan mens duidelik sien hoe Ellen diep asemhaal om moed te skep:
Jessica het ongelukkig ’n reputasie dat sy deur die blare kan wees. Jare gelede het sy op haar en haar voormalige man Nick Lachey se realiteitsprogram Newlyweds, gevra wat is die verskil tussen tuna en hoender:
Ongeag haar reputasie, is Jessica deesdae ’n suksesvolle besigheidsvrou wat miljoene dollars maak met haar reeks klere, skoene en juweliersware. Sy het ook ’n dogter en ’n seun, Maxwell en Ace, en sy is gelukkig getroud met Eric Johnson. Miskien is haar “dowwe dolla”-oomblikke net deel van ’n persona!
The post VIDEO: Jessica Simpson irriteer vir Ellen DeGeneres appeared first on SARIE.