Ter viering van 30 jaar op die verhoog het Nataniël sopas sy eerste ateljee-album in 7 jaar uitgereik, en 6 gelukkige SARIE-lesers gaan elk die CD wen!
One day in a castle is ’n versameling van buitengewoon mooi liedjies, geskryf, verwerk en opgevoer deur Nataniël. Juan Oosthuizen is die vervaardiger.
Die album is oor ’n tydperk van 14 maande opgeneem by die Sumo Sound Recording Studio in Johannesburg en Space Bar Studios in Pretoria. Dit spog met unieke lirieke en sterk melodieë en stel die volle omvang van Nataniël se vokale vermoëns ten toon. Hy word bygestaan deur ’n geselskap van sy gunsteling-musikante en -sangers.
Die album sluit ’n treffende boekie in met al die lirieke, asook ’n reeks foto’s geneem in sy geliefde stad Nantes.
One day in a castle is beskikbaar by Takealot, iTunes, Google Play, Deezer SA, Simfy Africa en Amazon.
Ses SARIE-lesers gaan elkeen die CD wen! Skryf hier in:

FOTO Clinton Lubbe
The post WEN Nataniël se splinternuwe album appeared first on SARIE.