Adam Levine en Behati Prinsloo is nou al amper drie jaar getroud. Net voor hul derde huweliksherdenking het Adam Levine sy getatoeëerde lyf met nog ’n tatoeëermerk laat versier ter ere van sy liefde vir Behati.
Só het Behati dit op haar Instagram gedeel:
Adam Levine het dit op sy Instagram gedeel met die volgende woorde: “Dit is die moeite werd om vas te hou.”
Dit is nie die eerste keer wat die geliefdes mekaar se tatoes inspireer nie. Behati het nadat sy met Adam getrou het haar ringvinger laat tatoeëer:
Die paartjie het ook kort na hulle troue elkeen ’n tatoe gekry met die woorde “You’re so cool, you’re so cool, you’re so cool.” Adam het dié tatoe op sy regterarm gekry en Behati se tatoe is teen haar ribbekas.
Wat dink jy van sy nuwe tatoeëermerk? Sal jy ’n tatoe saam met jou geliefde kry?
The post Adam Levine bewys sy liefde vir Behati… met ’n tatoe! appeared first on SARIE.