Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

#9tot5: Helen Mirren, Will Ferrell en ander motiveer by plegtighede!

$
0
0

Jou jaarlikse motiverings-hupstoot is hier! Gradeplegtighede in Amerika lewer van die beste toesprake om gegradueerdes hul toekoms mee in te stuur. Luister hier na ons drie-gunsteling toesprake van 2017 – van Will Ferrell tot Oscar-wenners Octavia Spencer en dame Helen Mirren. Dis beslis nie net vir dié wat vars uit universiteit stap nie…

Fast Company het hulle lys van die beste toesprake tydens Amerika se 2017-gradeplegtighede bekendgemaak. Hier is ons gunsteling-spekers by gradeplegtighede.

Sit jou oorfone aan en luister, miskien is hierdie die motivering wat jy nodig het.

Will Ferrell by die Universiteit van Suid-Kalifornië

Tussen die grappe deur het Will vertel van die harde pad wat hy gestap het om ’n suksesvolle komediant te raak. Hy het sy “gut” gevolg. Will sê jy moet nooit bang wees wanneer jy jou droom volg nie. Hy word steeds bang, maar sy vrees is nooit groter as die vraag “wat as” nie.

Dame Helen Mirren by Tulane Universiteit

Hier’s Helen se 5 reëls vir ’n gelukkige lewe:

1. Moenie haastig wees om te trou nie en gee jou lewensmaat die vryheid en ondersteuning om hulle eie ambisies te volg.

2. Elke liewe persoon verdien gelyke respek en vrygewigheid.

3. Ignoreer mense wat jou oordeel op grond van jou voorkoms.

4. Moenie laat vrees jou beheer nie.

5. Moenie dinge onnodig kompliseer nie.

Octavia Spencer by Kent Staatsuniversiteit

Die Oscar-wenner Octavia Spencer, het beklemtoon dat jy nie vasgevang moet word in die “trap of comparison” nie. Sy sê: “Deur jouself te vergelyk met ander se suksesse, vertraag jy net jou eie suksesse”.

Lees nou

Belê geld sonder om eers te dink!

#9tot5: Haal hierdie woorde uit jou CV uit!

Riri word deur Harvard vereer! En luister hoe inspirerend praat sy …

The post #9tot5: Helen Mirren, Will Ferrell en ander motiveer by plegtighede! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294