Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

#Onthoujy? Die 90’s se gewildste speelgoed!

$
0
0

In die 1990’s was hierdie speelgoed die grootste giere! Watter was in jou of jou kinders se Kerskous?

1. Furby-diertjies

Dié hamster-uil-diertjies het in die laat 1990’s in Suid-Afrika gewild geraak. In ’n stadium kon jy hulle saam met jou McDonald’s Happy Meals kry.

A post shared by dweeb (@hicfurby) on

2. Balancing Eagle

Die idee was om die plastiekarend op jou vinger te balanseer. Hulle was op elke speelgrond in die land te sien.

3. Cupcake Dolls

Poppies wat gevou het uit ’n kolwyntjie wat dan die rok en hoed geword het. Jy kon nie ophou versamel voor jy nie al die kleure gehad het nie.

A post shared by J (@littledarlingscloset) on

4. Action Man

Action Man het in ’n stadium vir Barbie “afgevry” van Ken.

5. Sky Dancers

Hierdie poppies is gevaarlik! Jy trek aan ’n tou, dan vlieg hulle in die lug.

A post shared by Becca (@beccastoycollection) on

6. Polly in my Pocket

Eers was daar net Polly in my Pocket, toe kom Puppy en Kitty in my Pocket ook.

7. Mood Rings

Hierdie ringe verander van kleur en jy kon kamtig elke kleur volgens ’n kleurkaart aan ’n emosie koppel.

A post shared by Drea (@andie._.pandie) on

8. Trolls

Trolls is al dekades lank gewild – in Suid-Afrika veral die soort wat jy op jou potlood se punt kan sit.

A post shared by Cori Elba (@onplanetweird) on

9. Monchichi-poppies

Monchichi-poppies het uit Japan uit in Suid-Afrikaanse kinders se harte gekruip.

A post shared by @monchichi_on_tour on

10. Lion King-albasters

Mense van reg oor die land het na Caltex gestroom om hierdie Lion King-albasters te versamel.

FOTO: Bidorbuy.co.za

11. Renbaan-matte

Hierdie matte was gróót onder veral seuns.

12. Magic Diaper Babies

Die Magic Diaper Babies het doeke aangehad wat in water na pienk of blou verander het – só kon jy hul geslag bepaal.

A post shared by LouiseHarder (@loui0603) on

13. Tamagotchi

Elke liewe kind wou destyds ’n Tamagotchi hê!

A post shared by Maria (@tamariagotchi) on

14. My Little Pony

Hierdie speelgoedreeks is net soos die Trolls vandag nog ’n gier.

15. Doodle Bears

Jy kon met spesiale penne op hierdie beertjies teken!

16. Pokemon-kaarte

Baie Suid-Afrikaanse kinders is verbied om hierdie kaarte te besit, maar dit het steeds soos ’n veldbrand versprei.

17. En laaste maar nie die minste nie … dié skryfbehoefte-tassie

A post shared by @90s_toys on

Wat was jóú of jou kind se gunsteling?

The post #Onthoujy? Die 90’s se gewildste speelgoed! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294