Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Jim Carrey roer in film oor sy kuns

$
0
0

“Mense wat anders is, het ’n beter kans om oorspronklik te wees …” Dís die roerende woorde van die Hollywood-ster Jim Carrey in ’n kort dokumentêre film oor sy kuns wat pas vrygestel is. Jim het in die 1990’s bekend geraak vir skreeusnaakse films soos Ace Ventura: Pet Detective en Dumb and Dumber, maar in die dokumentêr I Needed Colour wys hy sy brose kant en hoe sy kuns sy psige weerspieël.

Jim het al sy sagter kant in latere flieks soos The Truman Show en Eternal Sunshine of the Spotless Mind gewys, maar die afgelope paar jaar het hy van die toneel verdwyn.

In die dokumentêr verklap Jim hy het as kind graag gedigte geskryf en geteken, maar nooit juis geskilder nie. Ná ’n gebroke hart ses jaar gelede het hy begin skilder. Dit laat hom vry voel. “Vry van die toekoms, verlede, verwyte en bekommernisse,” sê hy.

Dis juis sy hartseer wat Jim laat besef het hy kort kleur in sy lewe.

Trevor Noah, Suid-Afrikaans gebore grapjas, het Jim onlangs as mentor bedank. Dit was tydens die Just for Laughs-toekennings toe Trevor as komediant van die jaar aangewys is.

Volgens Trevor het Jim hom laat besef hy worstel self ook met depressie. Hy is dankbaar dat Jim nie geskroom het om oop te wees daaroor nie, want dit het hom rede gegee om self hulp te soek.

Kyk na die roerende prent:

I Needed Color – Jim Carrey deur Passion Academy op Vimeo.

The post Jim Carrey roer in film oor sy kuns appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294