Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Hoe kies jy die restaurante?

$
0
0

Hoe besluit jy waar jy wil uiteet? Is dit die bekende naam, die sjef, die moderne dekor of fantastiese diens wat jou weer en weer laat terugkeer na jou gunsteling-restaurant? Weet jy presies wat jy van ’n restaurant verwag?

Wel, lees bietjie wat bekende sjefs aan SARIE.com verklap het oor waarna húlle kyk as hulle gaan uiteet.

Camphors at Vergelegen se sjef, Michelle Cooke, sê hy let eerste op hoe die restaurant bestuur word. Is dit chaoties of kalm? Is die personeel goed gemanierd, netjies geklee en behoorlik ingestel op hul kliënte se behoeftes?

A post shared by Mike Cooke (@chefmikecooke) on

Uniekheid, dekor en hoe die kos voorgesit word is waarna sjef Scot Kirton van La Colombe kyk, buiten natuurlik die kos. Vir Jurgen Snyman, fyngebaksjef van The kitchen at Maison, is volgehoue gehalte ook belangrik.

Scot Kirton FOTO La Colombe

Jurgen Snyman FOTO Facebook/Maison Estate

Sjef Chantel Dartnall van Mosaic kyk na die dekor, maar meer spesifiek die blomme, want vir haar wys dit hoeveel aandag die personeel gee aan die fyner besonderhede.

Sjef Peter Tempelhoff van Greenhouse let op hoe die personeel geklee is en dít, saam met die musiek, bepaal vir hom in groot mate die atmosfeer van die restaurant.

Peter Tempelhoff (links), uitvoerende sjef van Greenhouse, en hoofsjef Ashley Moss FOTO Facebook/Greenhouse Restaurant

Waarna kyk jý as jy na ’n restaurant gaan?

The post Hoe kies jy die restaurante? appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294