Hy is die wêreld se tweede mooiste prins, het ’n Crown Clinic-peiling verlede jaar bevind. Nou het die pragtige donkerkop prins Carl Philip van Swede en sy vrou, prinses Sofia, hul tweede baba verwelkom.
Die nuus is op dié koninklikes se amptelike Instagram-blad gedeel. Prinses Sofia het Donderdagmiddag die lewe geskenk aan hul nuweling, berig People.
Die pragtige paartjie, wat in 2015 getroud is, het reeds ’n skattige 1-jarige seuntjie, prins Alexander. Dis nog nie bekend of hy ’n suster of broer bygekry het nie. Die koninklikes sal later die naam en geslag bekend maak.
The post Koninklike baba is hier! appeared first on SARIE.