Daar is behoorlik troukoors onder bekendes! Ons is mal oor celeb-troues en sien baie uit na dié 10 troues!
1. Die aktrise Kim Cloete en Loukmaan Adams, die bekende komediant, het die naweek verloof geraak.

FOTO: Facebook Loukmaan Adams
2. Binnelanders se Leandie du Randt en die sanger Bouwer Bosch trou in November. Hulle het einde verlede jaar verloof geraak ná ’n lang vriendskap.

Leandie en Bouwer by ‘n piekniek-troue
FOTO: Instagram (@leandiedurandt)
3. Ons eie Mej. Wêreld, Rolene Strauss, en D’niel Strauss, ’n sakeman van Stellenbosch, het in Julie hul verlowing aangekondig. Skindertonge bespiegel dat hulle in Desember trou – sodra haar termyn as Mej. Wêreld verby is.
4. Ryk Neethling en Sahar Biniaz is ook op pad kansel toe. Kyk net die reuse-diamantring aan haar vinger!
5. Trouklokkies lui ook vir die bekende aktrise Rolanda Marias en regisseur Jozua Malherbe.
6. Ons het vroeër vanjaar eksklusief die rugbyspeler Jan Serfontein en sy verloofde Lani Scholtz se verlowingsfoto’s gedeel. Hulle het in Mei verloof geraak.
7. Aktrise Angelique Gerber en rugbyspeler Jacques Potgieter het ook onlangs besluit om te trou.
8. Die een troue waarna ons verskriklik baie uitsien is die eksentrieke sangeres Lady Gaga en akteur Taylor Kinney s’n! Ons kan ons net voorstel waarmee Gaga in die paadjie gaan afstap.

FOTO: Instagram @taylorkinney11
9. Die Modern Family-aktrise Sofia Vergara en die akteur Joe Manganiello deel gereeld voorsmakies van hul groot dag op sosiale media. Hulle trou op 22 November vanjaar.
10. Die Cougar Town-aktrise Courteney Cox en Johnny McDaid, wat in die musiekgroep Snow Patrol is, is al meer as ’n jaar verloof. Ons wonder of Jennifer Aniston haar strooimeisie sal wees. (Courteney was Jennifer se strooimeisie by haar troue verlede maand.)
Lees ook
- Leon Schuster gaan weer trou
- FOTO: Prinses Charlene se broer trou in Monaco
- FOTO’S: Dis ek, Anna-ster Charlenè Brouwer se sprokiestroue
The post FOTO’S: 10 bekendes wat binnekort trou appeared first on SARIE.