Die Hollywood-akteur Dwayne Johnson, wat voorheen bekend gestaan het as “The Rock”, se meisie van nege jaar, Lauren Hashian, is glo swanger. Volgens Hello! het ’n bron na aan die paartjie die nuus bevestig.
Die bron het ook vertel dat die paartjie baie opgewonde is en gesê hulle het besluit dit is tyd om hul gesin uit te brei.
Dwayne het vroeër vanjaar aan die tydskrif Esquire vertel sy sukses is te danke aan sy stabiele persoonlike lewe. Hy het ’n 14-jarige dogter, Simone, uit sy huwelik met Dany Garcia. Vir hom is die balans reg as hy ná ’n lang dag saam met Lauren en Simone kan ontspan.
The post Dwayne Johnson gaan pa word! appeared first on SARIE.