Dit word as die “stil siekte” beskryf. ’n Siekte waar die liggaam sy eie gesonde weefsel aanval. En dikwels neem dit jare om dit te diagnoseer. Lupus is ’n outoïmmuunsiekte, en 1 uit elke 250 mense ontwikkel dit. Die Amerikaanse sangeres Selena Gomez is een van hulle.
Lupus kan die vel aantas (velletsels en pynlike swelsels wat soos opgehewe kneusplekke lyk), asook gewrigte (vingers, hande, polse en knieë), niere, longe, hart en senuweestelsel.
Selena moes onlangs ’n nuwe nier gekry het. Sy het die hartseer nuus op Instagram gedeel:
Maar iets ongeloofliks het ook gebeur. Haar goeie vriendin Francia Raisa het besluit om vir Selena een van haar niere te skenk. Die operasie het glo goed verloop. Sy was vir ’n paar weke uit die kollig om volkome te herstel.

FOTO Instagram / @selenagomez
Simptome van lupus kan die volgende insluit:
• Geweldige moegheid
• Laegraadse koors
• Kwaai gewrigs- en spierpyn
• Veluitslag op lyf
• Gewigsverlies
• Sensitiwiteit vir die son
• Swak sirkulasie in hande en voete
• Haarverlies
Ander bekendes wat aan lupus ly is Lady Gaga, Seal en Elaine Page.
The post Selena Gomez deel hartseer nuus appeared first on SARIE.