Dis nie net die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, wat volgende jaar haar derde kind verwelkom nie. Die beeldskone Minki van der Westhuizen is ook swanger met baba nommer 3!
Die Boer soek ’n vrou-aanbieder het die goeie nuus op Instagram gedeel.
Sy en haar rugbyspeler-man, Ernst Joubert, het reeds twee skattige dogtertjies, Katerien en Elise. Hul nuwe bababoetie of -sussie word in Maart verwag.
The post Minki is swanger! appeared first on SARIE.