En so is nóg ’n SARIE Voorbladgesig-hoofstuk verby! En wat ’n opwindende reis was dit nie … ’n TV-reeks op kykNET, 10 #trotsSA-vroue wat ons inspireer en twee wenners, elk met hul eie SARIE-voorblad.
Die gala-aand is gisteraand by die pragtige Menlyn Boutique Hotel gehou. Gaste, wat bekendes en vorige SARIE Voorbladgesig-wenners ingesluit het, kon die aand saam met die Top-10 meemaak. Die talentvolle Ivan Botha, regisseur en rolprentvervaardiger, was die seremoniemeester. SARIE was die trotse mediavennoot. Ja, dit was ’n aand om te onthou.

SARIE se redakteur, Michélle van Breda, saam met die Top-10.
FOTO Phyllis Green

Ons Top-10, almal asemrowend vir die aand.
FOTO Phyllis Green
En ons wenners?
’n Patisseriesjef en bakkery-eienaar van die Kaap en ’n boervrou en ma van Mpumalanga wat haarself Russies leer, is toe saam-saam as 2017 se SARIE Voorbladgesigte aangewys. Dit is die tweede keer in ’n ry dat twee wenners die gesogte titel deel.

Ons wenners, Yolani Abrahams en Nadia de Wet!
FOTO Phyllis Green
Kyk net hoe skitter Yolani Abrahams en Nadia de Wet op hul voorblaaie:

SARIE se Oktober-uitgawe is vanaf Maandag 18 September te koop.
FOTO Phyllis Green
As jy graag wil sien hoe die aand verloop het en die wenners se reaksie eerstehands wil beleef, skakel Maandag om 17:30 in op kykNET. Die laaste episode wys alles wat dié glansaand gebeur het!
Kyk net die foto’s:

Die pragtige aktrise Donnalee Roberts by die gala-aand.
FOTO Phyllis Green

Getroud met Rugby-sterre Christel van den Bergh (links) en Anlia van Rensburg.
FOTO Phyllis Green

Verlede jaar se SARIE Voorbladgesig-wenners, Nicola Smit (links) en Elmaré Schutte.
FOTO Phyllis Green

Die aktrise en kykNET-aanbieder Lynelle Kenned en RSG-aanbieder Sue Pyler lyk beeldskoon in onderskeidelik groen en swart.
FOTO Phyllis Green

Die Getroud met Rugby-ster Chantal Stanfield het geskitter in haar swart rok.
FOTO Phyllis Green

Die pragtige aktrise Nadia Beukes en haar man, David de Villiers.
FOTO Phyllis Green

Die Binnelanders-ster Cindy Swanepoel straal in haar lente-uitrusting. FOTO Phyllis Green
En op Instagram natuurlik:
The post FOTO’S: SARIE Voorbladgesig se gala-aand! appeared first on SARIE.