Gisele Bündchen is een van die wêreld se hoogs betaalde modelle, ’n suksesvolle sakevrou en passievolle filantroop. Nou het sy verras met ’n emosionele weergawe van John Lennon se “Imagine”.
Gisele het die ikoniese vredeslied die naweek by die Rock in Rio-musiekfees in Rio de Janeiro, Basilië, saam met haar landsgenoot, die sangeres Ivete Sangalo, gesing. Dit was ’n emosionele oomblik vir die 37-jarige model, wat haar beywer vir wêreldvrede en omgewingsbewaring. Sy is betrokke by ’n reeks liefdadigheidsorganisasies en is ’n ambassadeur vir die VN se omgewingsprogram.
Tydens hulle optrede het Ivete in Portugees by die skare gepleit om saam te werk aan ’n beter wêreld vir almal. Ná die tyd het Gisele op Instagram geskryf dat liefde mense en die wêreld kan verander.
Die naweek was nie die eerste keer dat Gisele saam met Ivete sing nie. Hulle het verlede jaar die liedjie “Quando a Chuva Passar” vir ’n Wella-veldtog gesing:
Gisele was ook in 2014 die stem vir Bob Sinclair se danstreffer “Heart of Glass”.
Wat dink jy van Gisele en Ivete se vertoning?
The post VIDEO: Emosionele Gisele Bündchen sing ‘Imagine’ appeared first on SARIE.