Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Jana Kruger se derde kind gebore

$
0
0

Die pragtige Afrikaanse aktrise Jana Kruger, wat tans in die SABC2-reeks Erfsondes te sien is, het goeie nuus op sosiale media gedeel: Haar derde kind is vanoggend gebore!

En dis ’n dogtertjie, genaamd Anouk.

Sy woon die laaste tyd baie gelukkig saam met haar man, Hannes Kruger, en hul twee kinders, Ohan (6) en Luka (4), in Simonstad, in ʼn huis wat ʼn uitkyk op die see. “Alles is oop en lig.” Die eiendom kyk uit oor Simonsbaai met sy vuurtoring.

“Dis asof ek my eie vuurtoring het, want saans flits daai vuurtoring sy lig in my kombuis.”

Baie geluk, Jana!

The post Jana Kruger se derde kind gebore appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294