Die televisiereeks Modern Family is in die nommer 14-posisie op The Hollywood Reporter se beste 100 TV-programme. Volgens Huffington Post het hulle dié prestasie gevier deur tonele van ander gewilde TV-programme te herskep.
Sofia Vergara (Gloria) en Ed O’Neill (Jay) as Peggy en Al Bundy van Married with Children. Ed het destyds ook die rol van Al Bundy in dié reeks vertolk.
Nou maak dié foto wat Sofia sowat twee weke gelede op haar Instagram-blad gedeel het baie meer sin.
Eric Stonestreet (Cam) en Jesse Tyler (Mitchell) is oortuigend as Breaking Bad se dwelmsmouse Walter White en Jesse Pinkman.
Nolan Gould (Luke), Ariel Winter (Alex), Julie Bowen (Claire), Rico Rodriguez (Manny), Ty Burrell (Phill) en Jesse Tyler Ferguson (Mitchell) herskep ’n toneel uit Cheers.
Kliek HIER vir nog foto’s.
Bronne: Huffington Post en The Hollywood Reporter
Lees ook
- Modern Family-ster Ariel Winter verklein haar borste
- FOTO: Modern Family se Sofia Vergara sonder grimering
- Beyoncé, Sofía Vergara en Monica Belluci se dieetgeheime
The post Modern Family-akteurs herskep tonele van bekende TV-programme appeared first on SARIE.