Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Bekende peetouers wat jou sal verras

$
0
0

Kyk wie het dié bekendes gekies om hul kinders se peetouers te wees. Sommige daarvan sal jou beslis verras!

1. Lady Gaga is die peetma van Elton John en David Furnish se seuns Zachary, 3, en Elijah, 8 maande.

2. Jennifer Aniston is die peetma van haar Friends-medester en goeie vriendin Courteney Cox se 10-jarige dogter, Coco.

3. Drew Barrymore se peetpa het haar in 1982 toe sy 6 jaar oud was bekend gemaak toe sy in E.T. gespeel het. Natuurlik is dit niemand anders as Steven Spielberg nie!

4. Klein Harper Beckham, Victoria en David Beckham se enigste dogter, se peetma is die Desperate Housewives-aktrise Eva Longoria.

5. Ons was baie verras om uit te vind dat Dolly Parton Miley Cyrus se peetma is!

6. Taylor Swift is die peetma van aktrise Jamie King se seun, Leo (2 maande) , en Jessica Alba is die peetma van haar ouer seun James (2).

7. Nerine Pienaar, die voormalige Springbokkaptein Francois Pienaar se vrou, is die peetma van prinses Gabriella van Monaco. Prinses Charlene het haar gevra ná ’n jare lange vriendskap.

8. Die sanger Arno Jordaan en sy vrou, Lizanie, is die peetours van rugbyspeler Morné Steyn en sy vrou, Christelle, se twee seuns Jován en Cristean.

Welkom in die wéreld klein Christean! Ons is al klaar so lief vir jou! #peetkind #blessed @mornesteyn

A photo posted by lizaniejordaan (@lizaniejordaan) on

Bron: People

Lees ook

 

The post Bekende peetouers wat jou sal verras appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294