Die Oscar-bekroonde aktrise Sandra Bullock het nog ’n baba aangeneem, berig Radar.
Sy het in 2010 haar eersteling, Louis (5), aangeneem net voor haar sy van haar eksman Jesse James geskei is.
Volgens ’n bron na aan haar is die nuwe toevoeging tot die familie ’n dogtertjie. Sandra het ook nie opkomende flieks in die volgende paar maande nie en kan dus baie tyd saam met die baba spandeer ná die première van Our Brand Is Crisis wat op 30 Oktober in Los Angeles plaasvind.
Daily Mail berig dat haar nuwe kêrel, die fotograaf Bryan Randall, hierdie week by haar ingetrek het. Die bron het ook gesê Sandra glo Bryan sal ’n goeie vaderfiguur vir haar twee kinders wees.
Bronne: Daily Mail en Radar
Lees ook
- Sandra Bullock het fliekrol by George Clooney “gesteel”
- Nuwe liefde vir Sandra Bullock
- Charlize Theron neem nog ’n kind aan
The post Sandra Bullock neem glo nog ’n baba aan appeared first on SARIE.