Of jy mal is oor haar of niks van haar hou nie, of selfs mal is daaroor om haar te haat, Kim Kardashian is konstant in die nuus en beslis baie invloedryk. Maar almal is nie ewe gek oor dié werklikheidster nie. Celeb Cereal berig dat dié 6 bekendes nie ooghare vir Kim het nie.
1. Reese Witherspoon
Dié Oscar-wenner het tydens haar toepsraak by die 2011 MTV Generation-toekennings aan jong meisies gesê jy kan suksesvol in Hollywood wees sonder om ’n realiteitprogram op TV te hê. Sy het verder gesê ’n seksvideo is iets om oor skaam te wees, en nie iets waarop jy jou loopbaan moet bou nie.
2. Michael Bublé
Dié Britse sanger steek soms die draak tydens sy optredes deur te sê hy het ’n spesiale gas, Kim Kardashian. Maar net daarna erken hy dit is nie waar nie, want hy sal nie die verhoog met haar deel nie …
3. Sarah Michelle Gellar
Die Buffy the Vampire Slayer-aktrise het verlede jaar in April op Twitter haar misnoeë uitgespreek toe Kim en haar man, Kanye West, op die voorblad van Vogue verskyn het. Sy het gesê sy gaan haar intekening op dié modetydskrif stop. Duisende mense het dié twiet gedeel.
4. Jon Hamm
Die Mad Men-ster het in ’n onderhoud aan Elle vertel om ’n idioot in ’n realiteitprogram te wees maak van jou suksesvol in Hollywood. Kim was baie ontevrede met dié woorde en het op Twitter gesê sy dink hy is onverskillig. Later toe Jon daaroor uitgevra is, het hy teruggekap deur te sê dit is nie onverskillig nie, maar akkuraat.
5. Halle Berry
Ná Halle en Gabriel Aubry uitmekaar is, is hy saam met Kim gewaar, berig People. Halle was baie ontsteld daaroor, nie omdat sy saam met haar eks was nie, maar omdat sy nie wil hê haar en Gabriel se dogter, Nahla, moet enigiets met Kim te doen het nie.
6. Daniel Craig
Die James Bond-akteur het op die vraag of hy ooit in ’n realiteitprogram sal wees geantwoord hy sal nie soos ’n idioot optree al verdien hy miljoene dollars nie.
Bronne: Celeb Cereal en People
Lees ook
- Is die media moeg vir Kim Kardashian en haar familie?
- Dís wat Hillary Clinton van Kim Kardashian dink
The post Dié bekendes is nie aanhangers van Kim Kardashian nie appeared first on SARIE.