Die VSA se tesourie gee landsburgers die geleentheid om te kies watter vrou op hul nuwe $10-noot, wat in 2020 gesirkuleer word, moet verskyn. Volgens Rolling Stone is Beyoncé glo ’n goeie kandidaat.
Hoewel die 34-jarige sangeres nie aan die vereistes voldoen nie (die kandidaat moet oorlede wees en haar prestasies moet met demokrasie versoen kan word), kry sy die meeste ondersteuning op sosiale media.
Doing my due American diligence: Beyoncé for #TheNew10
— kylie (@kyliemcconv) October 9, 2015
Politikus John Kerry het mense aangemoedig om te stem, aangesien dit ’n wonderlike geleentheid is om klem te lê op die merkwaardige bydraes wat Amerikaanse vroue tot hul land gelewer het, berig E! News.
Die finale besluit sal aan die einde van vanjaar aangekondig word.
Lees HIER vir meer HIER inligting
Lees ook
- Beyoncé se veganistiese dieet: Kan dit vir jou werk? + 5 SARIE-diëte
- Bokser onttroon Beyoncé as bekende wat die meeste verdien
- Is Beyoncé weer swanger?
The post Beyoncé gesig van nuwe $10-noot? appeared first on SARIE.