Soms kom jy met ’n ompad by jou ware passie uit. Ander tye kom dit eensklaps oor jou pad. Grafiese kunstenaar Julia Anastasopoulos, beter bekend as die komiese karakter Suzelle DIY, het in ons Oktober-uitgawe vertel hoe sy haar grootste talent ontsluit het.
Hier is 5 van Suzelle se snaaksste video’s
*Let asb dat die taalgebruik in sekere video’s nie vir jonger kykers bedoel is nie
En haar in haar nuutste video wys sy hoe jy ook ‘n vertikale tuin kan hê
Nou het Julia se karakter, Suzelle, ook haar eerste boek, Suzelle DIY: Die boek* (Human & Rousseau), agter haar naam.
Dié boek word Saterdag, 17 Oktober, bekend gestel en SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gaan dié gesprek lei.
Kry jou kaartjies vir dié geleentheid by die Atterbury-teater in Pretoria HIER.
10 gelukkige lesers kan ook dubbelkaartjies na dié geleentheid WEN, klik HIER
The post 5 van Suzelle DIY se snaaksste video’s appeared first on SARIE.