Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Doen inkopies via Facebook

$
0
0

Die sosialemedia-reus Facebook het aangekondig dat gebruikers binnekort dié platform sal kan gebruik om inkopies aanlyn te doen, berig E! Entertainment

Facebook het in ’n verklaring gesê daar is ’n leemte in die mark vir selfoon-inkopies en hulle meen die tegnologie wat in dié stadium beskikbaar is, is te ingewikkeld en te stadig.

Engadget berig die advertensies op Facebook wat reeds alombekend is, sal deel uitmaak van die inkopie-ervaring. Dit sal jou in staat stel om op jou selfoon deur ’n katalogus te blaai en dan na die webtuistes te gaan waarop die items te koop is.

Die app is nog in die toetsfase en sal eers oor etlike maande in Suid-Afrika beskikbaar wees.

Dit lyk vir ons asof selfbeheersing die enigste struikelblok gaan wees in dié nuwe app se pad na sukses!

Bronne: E! Entertainment en Engadget

Lees ook

The post Doen inkopies via Facebook appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294