Aktrise Kaley Cuoco en die tennisspeler Ryan Sweeting het verlede maand, ná minder as twee jaar van getroude lewe, aangekondig dat hulle gaan skei. Het die blondine nou troos in die arms van ’n ou vlam gevind?
Volgens E! Online doen gerugte die ronde dat Kaley en haar ekskêrel en medester in Big Bang Theory, Johnny Galecki, nou saam is. Daar is ook diegene wat glo dat Kaley nooit werklik oor dié verhouding gekom het nie en dit die oorsaak van haar gebroke huwelik is.
Die twee het egter sosiale media gebruik om vir die wêreld te wys dat hulle net vriende is, berig Daily Mail. “Hier is geen skandaal/ huisbrekers/ swangerskappe nie, net ’n diep vriendskap,” het Johnny onderaan dié Instagram-foto geskryf, wat al meer as 70 000 likes het.
Kaley en Johnny het vir twee jaar in die geheim uitgegaan. Hulle het hul verhouding in Desember 2009 beëindig.
Bronne: E! Online en Daily Mail
Lees ook
- Kaley Cuoco en haar man gaan skei
- Só het Kaley Cuoco-Sweeting haar vietse lyfie gekry
- Kaley Cuoco neem haar pienk hare tot die volgende vlak
Lees HIER meer oor #StrongerTogether
The post ‘Nuwe’ liefde vir Kaley Cuoco ná egskeiding appeared first on SARIE.