Ons goue meisie Charlize Theron gaan heel moontlik die ster van Sony Pictures se The Gray Man wees – ’n rol wat oorspronklik vir Brad Pritt bedoel was, berig Deadline.
Die rolprent, wat op Mark Greaney se roman met dieselfde naam gebaseer is, vertel die storie van ’n CIA-agent wat ’n sluipmoordenaar word om die lewens van sy dogters, van wie se bestaan hy nie geweet het nie, te red.
Joe Roth gaan The Gray Man vervaardig, terwyl Joe en Anthony Russo vir die teks verantwoordelik is.
Volgens Vanity Fair is dit nie die eerste keer dat ’n rol wat vir ’n man geskryf is deur ’n vrou vertolk is nie. Angelina Jolie se karakter in die riller Salt was oorspronklik Tom Cruise s’n. Ons het ook voorheen berig dat Sandra Bullock haar medespeler in Gravity, George Clooney, se rol in Our Brand Is Crisis vir haarself toegeëien het.
Bronne: Deadline en Vanity Fair
Lees ook
- Charlize Theron vier haar 40ste
- Charlize Theron neem nog ’n kind aan
- Só bly Charlize Theron en ander bekendes fiks
The post Charlize Theron “steel” glo Brad Pitt se The Gray Man-rol appeared first on SARIE.