Is die akteur Bradley Cooper, wat ook een van Time-tydskrif se 100 invloedrykste mense is, verloof?
Die komediant Amy Schumer het verlede week op die bekende Amerikaanse TV-program Saturday Night Live “gespot” dat sy en die 40-jarige bruinkop verloof is, berig Access Hollywood.
Volgens MTV het Bradley tydens ’n onlangse onderhoud gewys hy is ’n bok vir sports. In plaas daarvan om die storie af te lag het die American Sniper-akteur saamgespeel en gesê hy wou die verhouding geheim hou, maar sy “verloofde” het besluit om dit op die lappe te bring. Hy sê verder dat Amy skreeusnaaks is.
In die werklikheid is Bradley en die model Irina Shayk ’n paartjie.
Bronne: MTV en Access Hollywood
Lees ook
- Charlize Theron “steel” glo Brad Pitt se The Gray Man-rol
- ‘Nuwe’ liefde vir Kaley Cuoco ná egskeiding
- Carrie Underwood praat oor gewigsverlies en haar post-baba lyf
Lees HIER meer oor #StrongerTogether
The post Is Bradley Cooper verloof? appeared first on SARIE.