Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

#FeesMustFall

$
0
0

Dit is ’n week waaroor daar nog lank in die geskiedenisboeke geskryf gaan word, meen kenners. Niemand kan die impak van die studenteprotes #FeesMustFall betwyfel nie – en met behulp van sosiale media het studente die hele land oor hieraan begin deelneem by die meeste groot universiteite. Dit heers op sosiale media, op die voorblaaie, selfs op die loopplank by die Suid-Afrikaanse Modeweek. Daar word wyd oor #NationalShutDown in die internasionale media geskryf en selfs die Britte gaan vandag in Londen byeenkom om hul ondersteuning te wys.

Hier is ’n paar foto’s, twiets en aanhalings wat dié week gedeel is. As jy voel ons het belangrike inligting uitgelaat, laat hoor van jou op sosiale media, of los kommentaar onder dié artikel.

Die hashtag

Volgens EWN word daar ongeveer 300 twiets per minuut gedeel met #FeesMustFall. Gedurende die nag is daar meer as 140 000 twiets wêreldwyd gestuur.

Lees meer HIER.

Deur Trendsmap te gebruik kan jy sien dat mense wêreldwyd kommentaar op sosiale media lewer.

trendsmap

Op Netwerk24

Aubrey Matshiqi, onafhanklike politieke ontleder, het [gister] vroeër die oggend op die Universiteit Stellenbosch se Buro vir Ekonomiese Ondersoek se jaarkonferensie gesê: “#FeesMustFall is nie oor universiteitsgeld nie, soos ­#RhodesMustFall nie oor ’n beeld was nie. Dit is oor goed wat nie verander het sedert 1994 nie. Die jeug is in 1994 die koninkryk van die hemele belowe, maar vir hulle het dit nie ’n werklikheid geword nie.”

Songezo Zibi, redakteur van Business Day, het geskryf die gebeure is ’n aanduiding dat tradisionele politiek minder relevant word. “Dis ’n nuwe bevrydingsbeweging wat gebore is uit frustrasie omdat die parlementêre prosesse nie die vlak van verandering teweegbring wat mense wil hê nie.”

Lees die volledige berig HIER

Op Daily Maverick

When Nelson Mandela died in December 2013, South Africa went through a period of mourning and soul searching about who we were and where we were heading. We have been in a state of leaderless turmoil for years and moments like Madiba’s death forced a hard look at ourselves. This week, the youth of South Africa shook this nation to the core; they took their destiny into their hands and put a failing political leadership on notice. Through #FeesMustFall, they have shown what true leadership, courage and solidarity means.

Lees HIER verder wat skryf Ranjeni Munusamy op Daily Maverick  

Op Twitter

 

 

In foto’s

Kyk na Times Live se keuse van die beste 10 foto’s HIER. Nóg foto’s op Getty / Gallo:

 

 

 

 

 

 

 

Op die loopplank

 

The post #FeesMustFall appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294