Die American Idol-wenner Kelly Clarkson het op Instagram bekend gemaak dat haar tweede baba ’n seun is, berig Huffington Post.
“River Rose gaan ’n boetie kry! Ons is baie opgewonde”, het sy by die foto geskryf.
River Rose (16 maande) is Kelly en haar man, Brandon Blackstock, se eersteling. Kelly het in Augustus by een van haar konserte onverwags uitgeblaker dat sy weer swanger is.
Sy het vroeër vanjaar in ’n onderhoud spottenderwys gesê sy hoop om ’n seuntjie te kry, omdat sy baie naar was terwyl sy haar dogtertjie verwag het. Sy hoop haar swangerskap met ’n seun is makliker.
Brandon het twee kinders uit ’n vorige verhouding, Savannah (14) en Seth (8), berig Today.
Bronne: Huffington Post en Today
Lees ook
- Nóg ’n seun vir Michael Bublé
- Luister nou: Adele se nuutste liedjie ‘Hello’
- FOTO’S: 10 bekendes se verloofringe
Skryf HIER in vir dié kompetisie
The post Kelly Clarkson verwag ’n seuntjie appeared first on SARIE.