Die realiteitster Khloé Kardashian het haar lang, blonde lokke vir ’n korter kapsel verruil, berig People.
Celeb-haarkapper Jen Atkin het dié foto van Khloé se lob (lang bob) op haar Instagram-blad gedeel. “Dit lyk fantasties,” het een aanhanger by die foto geskryf wat al meer as 30 000 likes het.
Vir bedrywige glanspersoonlikhede is ’n nuwe haarstyl so goed soos ’n vakansie. Volgens Hollywood Life was die afgelope 2 weke baie uitdagend vir Khloé, wat waak by die hospitaalbed van haar vervreemde man, die voormalige basketbalspeler Lamar Odom. Hy word na bewering behandel vir ’n dwelm-oordosis.
Bronne: People en Hollywood Life
Lees ook
- VIDEO: Khloé Kardashian werk hard vir haar vietse lyf
- FOTO: Khloé Kardashian se indrukwekkende kas vol oefenklere
- FOTO’S: Kim Kardashian deel ná twee jaar foto’s van hul verlowing
Skryf HIER in vir dié kompetisie
The post FOTO: Khloé Kardashian se korter kapsel appeared first on SARIE.