Die Hollywood-akteur Ryan Reynolds het op sy Twitter-blad bevestig sy pa, James C. Reynolds, is oorlede, berig Hello.
Hy het ’n foto van sy pa wat hom as baba in sy arms vashou, getwiet. Hy het by dié foto vir aanhangers gevra om geld aan die Michael J Fox-stigting vir Parkinson se siekte te skenk.
RIP Pops. James C. Reynolds. 1941-2015 If possible, please donate/support: https://t.co/exJYbchCmq pic.twitter.com/8hAfxVbcU1
— Ryan Reynolds (@VancityReynolds) October 28, 2015
Ryan het in November 2014 op NBC se Today gesê sy pa is in 1995 gediagnoseer en dit het baie sterk gesinsbande tot gevolg gehad.
Die akteur Michael J Fox is in 1991 met dié siekte gediagnoseer. Ryan is al sedert 2008 ’n lid van dié stigting en dien tans in die direksie. Hy doen baie bewusmakingsveldtogte vir Parkinson se siekte.
Ryan is getroud met die aktrise Blake Lively en hulle het hul dogtertjie, James, na sy pa vernoem. Sy is in Desember 2014 gebore.
Lees ook
- Ryan Reynolds se vriend wou foto’s van sy baba verkoop
- Eerste foto van Ryan Reynolds en Blake Lively se pienkvoet
- Ryan Reynolds en Blake Lively se pienkvoet is hier
The post Ryan Reynolds se pa sterf aan Parkinson se siekte appeared first on SARIE.