Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

FOTO: Uiters private Sarah Jessica Parker wys haar 13-jarige seun

$
0
0

Die Sex and the City-aktrise Sarah Jessica Parker het op haar seun, James Wilkie Broderick, se 13de verjaardag twee foto’s van hom op Instagram gedeel. Omdat sy gewoonlik haar kinders, en haar persoonlike lewe, uit die openbare oog hou, is dié foto’s ’n skaars verskynsel, berig Entertainment Tonight.

Die eerste foto is van James as baba waarin sy en haar man, die akteur Matthew Broderick, mekaar soen. Sy sê in die onderskrif sy sal enige tyd dié dag weer en weer beleef.

Net daarna het sy nóg ’n foto gedeel waarin sy die 13-jarige James op sy wang soen.

I might do this all day long. Cause I love himsez so. HAPPY BIRTHDAY JW! XXX, Mama

A photo posted by SJP (@sarahjessicaparker) on

James het tweelingsussies, die 6-jarige Marion Loretta Elwell en Tabitha Hodge. Sarah Jessica het verlede week aan BuzzFeed vertel haar gunsteling-herinnering van die afgelope tien jaar is die tweeling se geboorte en James se reaksie ná hy hulle ontmoet het.

Bronne: Entertainment Tonight en BuzzFeed

Lees ook

The post FOTO: Uiters private Sarah Jessica Parker wys haar 13-jarige seun appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Graad 10: Lewenswetenskappe-vraestel en memo


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Hygliteratuur: Buurtwag II


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


'n Knippie sout


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!