Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

FOTO: George en Amal Clooney neem ’n hond aan

$
0
0

Asof hulle nie reeds perfek is nie! Die glanspaar George en Amal Clooney het gister ’n hondeskuiling besoek en nog ’n oulike brak aangeneem, berig Entertainment Tonight

Die nuutste toevoeging tot die Clooney-gesin, Millie (4), is vroeër dié maand deur die San Gabriel Valley Humane Society in Kalifornië gered.

Hulle het dié foto van George, Amal, Millie (agter) en hul ander hond, Louie (voor), op sosiale media geplaas om die goeie nuus te deel.

Volgens Daily Mail is Millie na die skuiling geneem ná sy kos buite ’n restaurant gebedel het en duidelik haweloos was.

George en Amal het op 25 September vanjaar hul eerste huweliksherdenking gevier.

Bronne: Daily Mail en Entertainment Tonight

Lees ook 

ZZZ

Skryf HIER vir dié kompetisie in

The post FOTO: George en Amal Clooney neem ’n hond aan appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294