Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Getroud met rugby word nou ’n sepie

$
0
0

Die gewilde TV-reeks Getroud met rugby sal luidens ’n verklaring vanaf 4 April 2016 elke weekaand op kykNET uitgesaai word in die plek van Villa Rosa.

Getroud met rugby is ʼn kykNET-suksesverhaal wat geen bekendstelling nodig het nie. Karen Meiring, M-Net: direkteur van Afrikaanse kanale, is baie opgewonde oor dié nuwe era van Getroud met rugby: “Rugby lê die meeste Suid Afrikaners so na aan die hart dat ons glo die leefwêreld rondom dié sport sal altyd relevante en boeiende stories kan vertel!”

Deon Opperman, die skepper en vervaardiger van Getroud met rugby, sal die draaiboek skryf en verseker dat die hele gesin dit saam kan geniet. Kykers kan dus uitsien na ʼn daaglikse dosis Getroud met rugby vir oud en jonk.

“Nou kan die karakters – geliefde ou gesigte, asook nuwes – elke dag bietjie dieper in die kykers se harte inkruip,” sê Opperman.

Gewilde karakters van die dramareeks sal steeds hul plekke volstaan in die geselskap van ʼn opwindende span nuwe rolspelers, onder andere ʼn hele gesin met pa, ma en vier kinders van ouderdom 16 tot 24, asook drie nuwe getroude paartjies.

Getroud met rugby is vanaf 4 April 2016 om 18:30 elke weeksaand op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien.

The post Getroud met rugby word nou ’n sepie appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294