Hoewel Halloween nie in Suid-Afrika so gewild soos in Amerika is nie, is dit steeds lekker om te sien hoe die Hollywood-sterre hulself onherkenbaar vermom vir dié geleentheid.
Hier is 9 van ons gunsteling-kostuums:
1. Kim Kardashian het gister dié foto van al haar gunsteling-kostuums oor die jare gedeel.
2. Die model Heidi Klum is bekend daarvoor dat sy nie terughou wanneer dit by Halloween kom nie. Hier is foto’s van die afgelope twee jaar se uitrustings.
Happy Halloween !
Posted by Heidi Klum on Thursday, October 31, 2013
3. Die sangeres Katy Perry lyk gereeld asof sy op pad is na ‘n Halloween-partytjie … Verlede jaar het sy soos ’n kaaskrul aangetrek.
4. Die gewilde sangeres Rihanna het verlede jaar soos ’n Teenage Mutant Ninja Turtle aangetrek.
5. Die gewilde TV-aanbieder Ellen DeGeneres trek vanjaar soos Kim Kardashian aan, en dit is baie snaaks!
6. Kate Hudson het verlede jaar dié sexy kostuum gekies.
7. Neil Patrick Harris van How I Met Your Mother-faam en sy gesin is mal oor Halloween.
8. Beyoncé het twee jaar gelede soos ’n engel aangetrek vir Halloween.
9. Paris Hilton het verlede jaar soos ’n prinses aangetrek.
The post FOTO’S: Bekendes se beste Halloween-uitrustings appeared first on SARIE.