Die bekende aktrise Lucy Liu het ’n foto van haar baba, Rockwell Lloyd, op Instagram gedeel.
Hy is pas 10 weke oud en glimlag te mooi vir die foto. Lucy was sover nog suinig met foto’s van haar oulike kleinding sedert hy einde Augustus deur middel van ’n surrogaatmoeder gebore is.
Volgens Popsugar het Lucy net ná Rockwell se geboorte dié twee foto’s van hom gedeel:
Hoewel Rockwell Lucy se eersteling is, het sy nog altyd ’n sagte plek vir kinders. Sy is al sedert 1994 ’n vrywilliger vir Unicef (die Verenigde Nasies se Kinderfonds). Haar ouers is Chinese immigrante en sy sê hulle het haar laat besef hoe bevoorreg sy is en daarom wil sy ander help wat nie so gelukkig is nie.
Lees ook
- FOTO: Lucy Liu se babaseun via surrogaat
- FOTO’S: Celeb-babas wat vanjaar gebore is
- FOTO’S: Lindi en Wynand Delport se eersteling is hier!
The post FOTO: Lucy Liu wys haar baba appeared first on SARIE.