Hollywood-ikoon Angelina Jolie-Pitt en die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, is bekend vir hul tydlose styl. Met hul eenderse smaak wys hulle dat goeie smaak universeel is, van Hollywood tot in koninklike kringe, berig Elle.
By die première van haar nuwe fliek, By the Sea, in Los Angeles dra Angelina ’n rok wat baie herinner aan die rok wat Kate in 2013 na ’n gala-geleentheid gedra het.
Die rok wat sy na die partytjie ná die première gedra het, lyk ook na ’n rok wat Kate na een van koningin Elizabeth se partytjies gedra het.
In dié nommertjie by die WSJ-toekenningsaand vir innovasie in die tydskrifbedryf verlede week lyk sy baie na Kate.
Twee weke gelede het ons berig oor Kate se mooi poeierblou rok by die première van die nuwe James Bond-fliek, Spectre. Angelina het verlede week byna ’n identiese rok na die première van By the Sea in New York gedra, berig Huffington Post.
Angelina het al voorheen ook Kate se styl nageboots met dié eenskouerrok:
Bronne: Huffington Post en Elle
Lees ook
- FOTO: Behati Prinsloo dra verstandtand om haar nek
- JA of NEE? Kim Kardashian se rok op die rooi tapyt
- Bekendes wat sosiale media verpes
The post FOTO’S: Angelina Jolie en Kate Middleton se eenderse styl appeared first on SARIE.