Hollywood-verhoudings is dikwels kortstondig, so wat is die wenresep vir die bekende akteurspaar Tom Hanks en Rita Wilson se huwelik van die afgelope 27 jaar?
Volgens die Forrest Gump-akteur het hy besef daar is iets spesiaal tussen hom en sy vrou, Rita Wilson, toe hulle die eerste keer in mekaar se oë gekyk het. Hy glo hulle het vir die regte redes getrou, en juis daarom is hul verhouding sterk ná soveel jare, berig Entertainment Tonight.
Tom vertel ook dat die meeste van hul vriende langer as hulle getroud is.
Borskanker is vroeër vanjaar by Rita gediagnoseer en sy het ’n dubbele mastektomie gehad. Die bruinkop-aktrise vertel dat sy en haar man nou selfs nader aan mekaar is en sê hy het haar wonderlik versorg. Die kanker is vroeg genoeg gediagnoseer sodat chemoterapie en bestraling nie nodig was nie. Sy is nou kankervry.
Volgens People glo Tom jy moenie trou voordat jy 30 jaar oud is nie.
Twee seuns, Chet en Truman, is uit Tom en Rita se huwelik gebore.
Bronne: Entertainment Tonight en People
Lees ook
- FOTO: Tom Hanks lyk heeltemal anders vir fliek
- PRAGFOTO: Mark Zuckerberg se vreugde ná hartseer
- Gwen Stefani en Blake Shelton ís ’n paartjie
The post Dís hoekom Tom Hanks se huwelik van 27 jaar werk appeared first on SARIE.