Die Mr. Bean-akteur Rowan Atkinson en sy vervreemde vrou, die grimeerkunstenaar Sunetra Sastry, is Dinsdag ná meer as twee dekades geskei, berig Hello!
Hulle is reeds in Februarie 2014 uitmekaar en Rowan se “onredelike gedrag” is glo die rede vir die verbrokkelde verhouding.
Volgens The Telegraph is die 60-jarige akteur en die aktrise Louise Ford (32) die afgelope 18 maande saam. Sunetra is glo omgekrap dat sy met ’n jonger vrou vervang is.
Rowan en Sunetra is in Februarie 1990 getroud. Twee kinders, Benjamin (22) en Lily (20), is uit dié huwelik gebore.
Bronne: Hello! en The Telegraph
Lees ook
- Nicole Scherzinger en Lewis Hamilton weer saam?
- Gigi Hadid en Joe Jonas se paadjies skei
- 5 vreemdste ‘celeb’-paartjies
The post Mr. Bean se Rowan Atkinson skei ná 24 jaar appeared first on SARIE.