Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, is seker een van die bekendste gesigte in hedendaagse media. Maar hoe gereeld hoor ons haar praat?
In dié video spreek sy skoolhoofde toe oor die belangrikheid van kinders se psigiese gesondheid, berig Telegraph.
By die hoofkantoor van Place2Be, ’n liefdadigheidorganisasie wat berading vir skoolkinders bied, het Kate die hoofde van oor die Verenigde Koninkryk ingelig oor die belangrikheid om na kinders se psigiese gesondheid om te sien.
Sy begin deur te sê haar eie ouers en onderwysers het vir haar gelukkige en veilige kinderjare besorg, maar alle kinders het nie daardie voorreg nie. Sy glo psigiese probleme in volwassenes se oorsprong lê gereeld in die onverwerkte kwessies uit hul kinderjare.
Kate wil hê skole moet hul reuse verantwoordelikheid besef om dié probleme vroeg genoeg raak te sien en dit aan te spreek voordat dit ernstige gevolge het.
Kyk die toespraak hier:
Lees ook
- FOTO’S: Katryn Kruger trou!
- Prinses Charlene van Monaco se nuwe kórt haarstyl, plus nuus oor die tweeling
- FOTO’S: Bekende ma’s lyk identies soos hul dogters
The post KYK DIT NOU: Kate Middleton maak roerende toespraak appeared first on SARIE.